×
Skakel na Engels

Chorizo-en-krulkool-risotto

  • 25 min
  • 40 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Chorizo-en-krulkool-risotto

Resep Bestanddele

  • 2 e sonneblomolie
  • 125 g chorizowors, in klein stukkies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 125 g krulkool, gesnipper (harde stingels verwyder)
  • 300 g risottorys
  • 1,1 tot 1,2 warm hoender- of groente-aftreksel
  • 100 g parmesaan, gerasper, plus ekstra (opsioneel) vir opdiening

Resep Aanwysings

    1. Verhit 1 e olie in ’n groot kastrol oor matige hitte en braai die chorizo tot goudkleurig en totdat die olie rooi is. Keer dit in ’n klein bakkie uit en plaas eenkant. Voeg die orige olie by die kastrol en braai die ui liggies vir 10 minute tot sag.
    2. Kook die krulkool in ’n groot kastrol kookwater vir 5 minute tot sag. Dreineer goed en plaas eenkant.
    3. Voeg die rys by die ui en roerbraai dit vir 1 minuut. Voeg die aftreksel een soplepel op ’n slag by en roer gereeld totdat al die vloeistof geabsorbeer is. Hou aan om die rys só te kook totdat dit sag, maar steeds ferm is – sowat 15 tot 17 minute.
    4. Skep die chorizo uit die bak en voeg dit by die rys (los die rooi olie in die bak). Meng ook die krulkool en parmesaan by. Proe vir geur.
    5. Haal die kastrol van die hitte af, sit die deksel op en los vir 2 minute. Verdeel dit tussen 4 warm bakkies en garneer met die chorizo-olie. Sit voor met ekstra parmesaan as jy wil.

    ELKE PORSIE: Sowat 2 470 kJ, 30 g proteïen, 22 g vet (9 g versadig), 67 g koolhidrate (4 g totale suiker), 3 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief