×
Skakel na Engels

Chorizo-en-hoenderbredie

  • 20 min
  • 30 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 e olyfolie
  • 3 hoenderborsfilette, in happiegrootte stukkies gesny
  • 100 g chorizo, in 1 cm-stukke gesny
  • 1 rooi-ui, in skyfies gesny
  • water, indien nodig
  • 1 t paprika
  • 2 x 400 g-blikke gekapte tamaties
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 150 g koeskoes
  • 400 g-blik cannellini-bone, gedreineer en afgespoel
  • 100 g babaspinasie
  • ’n groot hand vol vars koljander, grofgekap

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n groot kastrol oor matige hitte en braai die hoender en chorizo totdat die chorizo begin olie afgee en die hoender begin gaar raak (dit hoef nie deurgaar te wees nie) – sowat 3 tot 5 minute. Skep in ’n bak uit.
    2. Verhit die leë kastrol weer en soteer die ui vir sowat 10 minute tot sag. (Voeg ’n skeut water by as die kastrol droog lyk.) Voeg die paprika by en braai vir 1 minuut. Skep die hoender (en vleissous) weer in die kastrol, voeg die tamaties by en geur na smaak. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en laat prut vir 10 minute of totdat die hoender deurgaar is.
    3. Plaas intussen die koeskoes in ’n groot bak, bedek met kookwater en trek kleefplastiek oor die bak. Plaas vir 10 minute eenkant.
    4. Roer die cannellini-bone en spinasie by die hoender totdat die spinasie verlep. Proe vir geur. Maak die koeskoes met ’n vurk los. Garneer die bredie met koljander en sit met koeskoes voor.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 780 kJ, 13 g vet (4 g versadigde vet), 38 g koolhidrate (9 g totale suiker), 43 g proteïen, 5 g vesel.    
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief