×
Skakel na Engels

Chipotle-steakslaai

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 t ekstrasuiwer olyfolie, plus ekstra om te bedruip
  • 3 x 300 g lendeskywe, vet afgesny
  • sout en peper
  • 2 t chipotlepasta of fyngemaakte gerookte brandrissies in marinade
  • 2 avokado’s
  • 200 g-blik heelpitmielies, gedreineer
  • 200 g kersietamaties, gehalveer
  • 2 baba-gemblaarslaaie, grofgekap
  • ’n klein hand vol vars koljander, grofgekap
  • sap van ½ lemmetjie (of na smaak)
  • tamatiesalsa, vir opdiening

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n groot pan oor hoë hitte. Druk die steaks met kombuispapier droog, geur mildelik en braai 5 tot 6 minute vir halfgaar. Draai een keer. (Of braai dit korter of langer soos jy verkies.) Skep die steaks uit, smeer chipotlepasta bo-oor en laat eenkant op ’n vleisplank rus.
    2. Halveer, ontpit, skil en sny die avokado’s in repies. Meng die avokado, mielies, tamaties, blaarslaai, koljander en heelwat geurmiddels op ’n groot opdienbord of in ’n bak.
    3. Sny die steaks in dun repies en skep dit op die slaai. Druk lemmetjiesap na smaak daaroor uit en bedruip met ’n bietjie olyfolie. Sit voor met die salsa en growwe brood as jy wil.
    ELKE PORSIE: 2 190 kJ, 56 g proteïen, 26 g vet (8 g versadigde vet), 13 g koolhidrate (6 g suiker), 5 g vesel.    
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief