×
Skakel na Engels

Chipotle-en-lensiegereg

  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 chipotle-rissies in adobo
  • 2 knoffelhuisies
  • ½ k songedroogde tamaties
  • 800 g geblikte heel, geskilde tamaties
  • 1 middelslag-ui, gekap
  • 1 middelslaggroen soetrissie, gekap
  • 1 e rissiepoeier
  • 1 e olie
  • 4 k groenteaftreksel
  • 2 k bruin lensies
  • ½ t sout
  • avokado, cheddarkaas, vars koljander en tortillaskyfies, vir opdiening

Resep Aanwysings

    1. Maak die chipotle-rissies in adobo, knoffelhuisies en songedroogde tamaties in ’n voedselverwerker fyn. Pols dan die heel, geskilde tamaties by tot fyn gekap. Braai die ui, soetrissie, en rissiepoeier in die olie vir 2 minute in die drukkoker oor matige hitte. Voeg die tamatiemengsel, groenteaftreksel, lensies en sout by.
    2. Sluit die deksel en kook vir 12 minute onder hoë druk. Verlig die druk.
    3. Sit voor met gekapte avokado, gerasperde cheddarkaas, vars koljander en tortillaskyfies.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 300 kJ, 19 g proteïen, 52 g koolhidrate, 4 g vet, 18 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief