×
Skakel na Engels

Chimichurrirepiesteak

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Chimichurrirepiesteak

Resep Bestanddele

  • 1 kg lendeskyf

Vir die chimichurri:

  • 1 koppie vars pietersielie
  • 1 koppie vars koljander
  • 1 knoffelhuisie
  • 3 e olyfolie
  • 2 e sjerrieasyn
  • 1/4 t droë origanum
  • 1/4 t fyngemaakte rooi brandrissies

Resep Aanwysings

    1. Zirts die bestanddele saam totdat die kruie en knoffel fyngekap is. Geur met sout en peper.
    2. Neem 1 kg lendeskyf, klad dit droog, geur met sout en peper, en braai dit vir 7 tot 8 minute tot tussen rou en halfgaar; draai dit af en toe om. (Braai dit langer as jy dit halfgaar tot goed gaar verkies.) Laat dit vir 5 minute rus.
    3. Sny dit in repe en rangskik op ’n bord. Roer orige vleissappe by die chimichurri.
    4. Bedruip die vleis met die chimichurri. Sprinkel growwe sout en swartpeper oor, en sit voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief