×
Skakel na Engels

Ceviche

  • 10 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 500 g ferm wit vis, vel verwyder
  • 175 ml suurlemoensap (van sowat 5 suurlemoene)
  • 1 rooi-ui, in dun skyfies gesny
  • sout en swartpeper (opsioneel)
  • 200 g kersietamaties, gehalveer
  • 1 groen brandrissie, ontpit en fyngekap
  • ’n groot hand vol vars koljander, grofgekap
  • 1 houertjie bronkors, opgesny
  • ekstrasuiwer olyfolie, om te bedruip

Resep Aanwysings

    1. Verwyder enige grate uit die vis en sny dit dan in 1 cm-blokkies. Plaas dit in ’n groot niemetaalbak en voeg die suurlemoensap, ui en ¼ t sout (as jy dit gebruik) by. Los dit vir 5 tot 30 minute om te “kook” (afhangende van of jy jou vis rouer of meer “deurgekook” verkies). Roer van tyd tot tyd liggies.
    2. Om op te dien, skep die vis en uie uit die vloeistof (behou die vloeistof); rangskik op ’n groot bord. Plaas tamaties hier en daar en sprinkel dan die rissies, koljander, bronkors en peper (as jy dit gebruik) oor. Skep ’n bietjie van die suurlemoenvloeistof oor (gooi die res weg) en bedruip met die olyfolie.

    ELKE PORSIE: Sowat 370 kJ, 17 g proteïen, 1 g vet (0 g versadig), 3 g koolhidrate (3 g totale suiker), 1 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief