×
Skakel na Engels

Ceviche-slaai met steurgarnale

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 300 g gaar steurgarnale, uitgedop en skoongemaak
  • sap van 3 lemmetjies
  • 2 mielies
  • 2 avokado’s, grofgekap
  • 250 g kersietamaties, in kwarte gesny
  • 1 rooi brandrissie, fyngekap
  • 2 langblaarslaaikoppe (cos), fyngekap
  • ’n groot hand vol vars koljander, grofgekap
  • sout en peper na smaak
  • Tabasco na smaak, opsioneel 

Resep Aanwysings

    1. Meng die steurgarnale en lemmetjiesap in ’n middelslag-niemetaalbak. Laat vir tot 5 uur in die yskas marineer.
    2. Verhit intussen ’n pan oor hoë hitte en braai die mielies daarin. Draai dit af en toe – dit moet goudkleurig en sag raak. Sodra die mielies goudkleurig en plek-plek geskroei is, verwyder van die hitte en sny die pitte versigtig van die stronke af.
    3. Sit die mieliepitte in ’n groot bak en roer die avokado, tamatie, brandrissie, slaaiblare en die meeste van die koljander by. Roer die garnale en die meeste van die lemmetjiesap ook by. Geur na smaak en voeg Tabasco by as jy van pikante kos hou.

    WERK VOORUIT: Marineer die garnale al die vorige dag. Maak die resep sonder die slaaiblare tot ’n uur vooraf en verkoel. Voeg die blare net voor opdiening by.

    ELKE PORSIE: Sowat 775 kJ, 11 g vet (2 g versadigde vet), 7 g koolhidrate (3 g totale suiker), 14 g proteïen, 4 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief