×
Skakel na Engels

Carinè se ouma Babsie se gesondheidsbeskuit

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 kg bruismeel (gesif)
  • 8 ml bakpoeier
  • 10 ml sout
  • 500 ml muesli/ontbytgraan
  • 75 g rosyntjies (125 ml)
  • 75 g bosbessies of gekapte, droë appelringe
  • 175 g sonneblomsaad
  • 100 g okkerneute
  • 15 ml sesamsaad
  • 40 g klapper
  • 400 g bruinsuiker
  • 2 eiers
  • 500 ml wit jogurt
  • 500 g margarien, gesmelt

Resep Aanwysings

    1. Verhit die oond tot 180 °C.
    2. Meng al die droë bestanddele in ’n groot mengbak.
    3. Klits die eiers. Roer die jogurt en botter by.
    4. Meng die eiermengsel by die droë bestanddele in.
    5. Skep in drie klein broodpanne en bak vir 45 minute.
    6. Laat dit in die pannetjies afkoel en sny in reghoeke. Plaas terug in ’n koel oond (sowat 100 °C) om vir ’n paar uur uit te droog.
         
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief