×
Skakel na Engels

Calamari-goujon-wraps

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 300 g gekrummelde calamari-goujons
  • 1 baba-gemblaarslaai, blare losgebreek
  • 1 avokado, ontpit en in skywe gesny
  • 4 meeltortilla-wraps
VIR DIE SALSA
  • 2 sprietuie, grofgekap
  • 200 g kersietamaties
  • 1 t kappertjiesade
  • ’n handjie vol vars koljander
  • 1 t ekstrasuiwer olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
VIR DIE SOUS
  • fyngerasperde skil en sap van ½ suurlemoen
  • 2 e mayonnaise
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Resep Aanwysings

    1. Maak die goujons volgens die aanwysings op die pakkie gaar.
    2. Maak intussen die salsa. Kap die sprietuie in ’n voedselverwerker fyn. Voeg die kersietamaties, kappertjiesade, koljander, olyfolie en geurmiddels by en kap fyn. Proe vir geur en skep die salsa in ’n opdienbak.
    3. Maak die sous: Meng die suurlemoensap en -skil met die mayonnaise in ’n bakkie en geur na smaak.
    4. Plaas die salsa, sous, goujons, slaaiblare, avokado en tortillas op die tafel en laat almal hul eie wraps maak.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 980 kJ, 22 g vet (4 g versadigde vet), 54 g koolhidrate (4 g totale suiker), 15 g proteïen, 5 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief