×
Skakel na Engels

Cajun-bief met polenta

  • 30 min
  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Cajun-bief met polenta

Resep Bestanddele

  • 2 t kanola-olie
  • 1,5 kg ontbeende beesdikrib, oortollige vet afgesny en in 2,5 cm-blokkies gesny
  • 3 middelslag-soetrissies, saadjies verwyder en gekap
  • 1 groot ui, gekap
  • 3 selderystingels, gekap
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties, gedreineer
  • ¼ k tamatiepasta
  • 2 t Cajun- of Kreoolse geurmiddel
  • 2 k polenta
  • fyngekapte pietersielie, vir garnering

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie oor mediumhoë hitte in ’n 30 cm-pan. Druk die vleis met handdoekpapier droog; geur oraloor met ½ t sout. Braai die vleis in sarsies vir 5 minute elk of tot bruin aan weerskante. Skep dit in die prutpot se bak. Verlaag die pan se hitte na matig.
    2. Braai die soetrissies, ui, seldery en knoffel vir 3 minute in dieselfde pan terwyl jy roer. Voeg die gekapte tamaties en tamatiepasta by en braai vir nog 2 minute terwyl jy roer. Roer die Cajun-geurmiddel by en skep dan alles in die prutpot se bak. Bedek en laat prut op laag vir 7 uur of totdat die vleis baie sag is.
    3. Berei die polenta ’n uur voor opdiening volgens die aanwysings op die verpakking. Sit die vleis op die polenta voor. Garneer met pietersielie.
    ELKE PORSIE: Sowat 2 320 kJ, 45 g proteïen, 45 g koolhidrate, 23 g vet (10 g versadig), 4 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief