×
Skakel na Engels

Caesarslaai met hoender

  • 20 min
  • 10 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 e olyfolie
  • 150 g ciabattabrood, in groot stukke geskeur
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 langblaarslaai (cos), blare verdeel en grofgeskeur (300 g)
  • 4 gaar hoenderborsfilette, in happiegrootte stukke gesny
VIR DIE SLAAISOUS
  • 25 g parmesaankaas, fyngerasper, plus ekstra skaafsels vir garnering
  • 2 blikke ansjovisfilette
  • 1 knoffelhuisie
  • 1 t Dijon-mosterd
  • ’n paar druppels worcestersous
  • 1 t suurlemoensap
  • 1 middelslag-eiergeel
  • 2 e olyfolie
  • 1 e kookwater
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie oor matige hitte in ’n groot pan en braai die stukke brood vir sowat 8 minute. Draai dit gereeld om tot dit goudbruin is. Geur en meng goed deur en hou die croutons eenkant.
    2. Maak die slaaisous in die klein bakkie van ’n voedselverwerker aan. Zirts eers die kaas en voeg dan die ansjovisfilette, knoffel, mosterd, worcestersous, suurlemoensap en eiergeel by en zirts weer tot gemeng. Hou die toestel aangeskakel en voeg die olie stadig by, gevolg deur die kookwater om ’n gladde slaaisous te verseker. Geur na smaak (voeg meer suurlemoensap by indien verkies).
    3. Rangskik die geskeurde slaaiblare en hoender op ’n groot bord (of meng dit saam in ’n bak). Drup die slaaisous bo-oor en strooi dan die croutons en parmesaanskaafsels oor. Sit dadelik voor.
    ELKE PORSIE: 1 740 kJ, 17 g vet (4 g versadigde vet), 20 g koolhidrate (2 g totale suiker).
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief