×
Skakel na Engels

Burgers met Franse uie

  • 15 min
  • 20 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • ⅓ k laevetmayonnaise
  • ¼ k vars pietersielieblare, fyngekap
  • 1 klein knoffelhuisie, gekap of fyngedruk
  • sout en peper
  • 2 t olyfolie
  • 1 middelslag-rooi-ui, in die helfte gesny en fyngekap
  • 115 g knopiesampioene, gesny
  • ½ k water
  • 1 t suiker
  • 470 g maer beesmaalvleis
  • 450 g gruyère-kaas, gerasper
  • 4 botterslaaiblare
  • 4 broodrolletjies, gerooster

Resep Aanwysings

    1. Stel die oond se roosterelement op medium of pak die braaivleisvuur.
    2. Meng die mayonnaise, pietersielie, knoffel en ¼ t varsgemaalde swartpeper saam in ’n bakkie. Hou eenkant.
    3. Verhit die olie in ’n groot pan oor matige hitte. Voeg die ui by en braai vir 3 tot 4 minute tot sag. Roer af en toe. Voeg die sampioene, water, suiker en ¼ t sout by; bedek en braai vir 5 tot 6 minute of totdat die sampioene sag is, roer af en toe.
    4. Vorm vier hamburgerpatties van 2 cm dik. Besprinkel alkante met ¼ t sout en varsgemaalde swartpeper.
    5. Rooster of braai die burgers vir 7 minute op matige hitte of tot gaar, draai een keer om. Rond elke burger af met ¼ k uiemengsel en 1 e kaas. Sit voor met die knoffelmayonnaise en blaarslaai op broodrolletjies.
    ELKE PORSIE:  Sowat 2 093 kJ, 34 g proteïen, 33 g koolhidrate, 33 g totale vet (12 g versadigde vet), 2 g vesel, 197 mg cholesterol, 880 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief