×
Skakel na Engels

Burgers met hoender, feta en songedroogde tamatie

  • 10 min
  • 15 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 4 hoenderborsfilette
  • 2 skywe fetakaas
  • 200 g tot 250 g songedroogde tamaties
  • sout en peper
  • olyfolie
  • foelie
  • 4 hamburgerrolletjies
  • vars basiliekruid en/of roketblare

Resep Aanwysings

     
    1. Sny die hoenderborsfilette, feta en songedroogde tamaties in stukkies.
    2. Meng alles saam in ’n bak met sout en peper en ’n bietjie olyfolie, net genoeg om die bestanddele lekker aan mekaar te laat vasklou.
    3. Verdeel die mengsel in vier dele en vorm elkeen in ’n pattie.
    4. Voer ’n toeklaprooster met foelie uit en smeer vier kolle met olyfolie. Plaas die patties op dié vier kolle en braai op warm tot baie warm kole. Danksy die foelie is die gevaar dat die patties sal brand gering. Hitte is dus nie jou vyand nie.
    5. Sit nog ’n strook geoliede foelie bo-op die patties, knyp die rooster toe en draai hom om. Danksy die foelie hoef jy nie die rooster so gereeld om te draai nie. Hou aan braai totdat die hoender gaar is, sowat 12 tot 15 minute.
    6. Haal die patties van die rooster af en sit voor op gebotterde rolletjies met vars basiliekruid of roketblare, of albei.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief