×
Skakel na Engels

Buffalo-vlerkies met suurroomdoopsous

  • 20 min
  • 55 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1,1 kg hoendervlerkies
  • 1 t sonneblomolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 100 g tamatiesous
  • ½ t warm brandrissiesous soos Tabasco
  • 15 g botter
  • 2 t witwynasyn
  • 2 t mielieblom
VIR DIE DOOPSOUS
  • 100 ml suurroom
  • 1 e mayonnaise
  • 1 t vars knoffel, gekneus
  • 1 e grasuie
  • sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 220 °C.
    2. Plaas die hoendervlerkies in ’n oondroosterpan, drup die sonneblomolie bo-oor en geur deeglik met sout en peper. Rooster vir 35 tot 40 minute tot goudbruin.
    3. Verhit die tamatiesous, brandrissiesous, botter en asyn tot gesmelt en glad in ’n klein pan. Verwyder van die hitte en roer die mielieblom by. Giet dan die mengsel oor die hoender en meng deur om te bedek. Sit die hoender terug in die oond en bak vir ’n verdere 10 tot 15 minute totdat die sous klewerig raak.
    4. Vir die doopsous, roer al die bestanddele saam in ’n klein bakkie. Sit die vlerkies saam met die doopsous voor.
    ELKE PORSIE (twee vlerkies en doopsous): 1 940 kJ, 31 g vet (10 g versadigde vet), 7 g koolhidrate (6 g totale suiker).
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief