×
Skakel na Engels

Brusselse spruitjies met babatamaties en spek

  • 10 min
  • 20 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 250 g Brusselse spruitjies
  • 3 repies strepiespek, fyngekap
  • 2 t vars of 1 t droë tiemieblare
  • 2 preie, net die wit dele, afgespoel en opgesny
  • 3 geskilde knoffelhuisies, fyngekap
  • 200 g rosatamaties
  • 125 ml vars room (opsioneel)
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 3 e grasuie, vars gesnipper
  • 1 e botter
  • parmesaanskaafsels

Resep Aanwysings

    1. Sny die punte van die Brusselse spruitjies af en was en stoom dit dan liggies.
    2. Verhit ’n pan en braai die spek se vet ’n bietjie uit. Voeg die tiemie en preie by en roer totdat die preie begin verlep. Voeg die knoffel by en braai vir ’n minuut.
    3. Voeg die spruitjies en tamaties by en braai totdat die tamaties se skil begin verrimpel.
    4. Roer die room by, as jy dit gebruik, en laat vir ’n minuut kook. Geur met sout en peper en roer die grasuie en botter by. Skep dit in ’n opdienbak uit en sprinkel die parmesaanskaafsels oor. Sit dit saam met oondgeroosterde hoender, bees-, vark- of lamsvleis voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief