×
Skakel na Engels

Bros hoender met witwyn-pansous

  • 30 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 t olyfolie
  • 1 kg hoenderdye
  • ½ t sout
  • 2 middelslag-salotte, fyngekap
  • ⅔ k witwyn
  • ¼ t droë roosmaryn
  • ¼ t sout
  • 3 e suurroom
  • ½ k hoenderaftreksel 
  • gesnipperde grasuie, vir garnering

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olyfolie oor mediumhoë hitte in ’n 30 cm-pan.
    2. Geur die hoenderdye met die sout. Braai met die velkant na onder vir 6 tot 8 minute of tot verbruin. Plaas met die velkant na bo op ’n bakplaat wat met foelie bedek is. Bak die hoender in die oond by 230 °C vir 15 minute of tot deurgaar. 
    3. Soteer die salotte vir 2 minute in dieselfde pan oor matige hitte. Voeg die witwyn, roosmaryn en sout by. Laat prut vir 2 minute en skraap die bruin stukkies op die bodem los. Klits die suurroom en hoenderaftreksel by.
    4. Sit die hoender saam met die sous voor en garneer met die grasuie.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 950 kJ, 40 g proteïen, 4 g koolhidrate, 31 g vet (9 g versadig), 1 g vesel, 615 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief