×
Skakel na Engels

Bros balsamiese hoender

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 450 g wortels, baie dun diagonaal gesny
  • 2 t ekstrasuiwer olyfolie
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 1 koppie vars witbroodkrummels of panko
  • 570 g hoenderborsies, ontvel, ontbeen en in dun repe gesny
  • 1 e Dijon-mosterd
  • ½ k plus 1 e balsamiese asyn
  • 140 g baba-roketblare
  • ½ k vars basilieblare, geskeur

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 230°C. Meng die wortels op ’n bakplaat met die olie en ’n knippie elk sout en swartpeper. Rooster vir 8 tot 10 minute of tot gaar maar steeds bros. Plaas die wortels in ’n groot bak om af te koel.
    2. Plaas die broodkrummels op ’n bord terwyl die wortels rooster. Meng die hoender met die mosterd en ¼ t swartpeper in ’n medium bakkie tot goed bedek. Bedek die hoender met die broodkrummels; druk dit effens vas om dit te laat klou. Rangskik die hoender op ’n oondrak wat binne-in dieselfde bakplaat pas. Bak vir 12 tot 14 minute of totdat dit ondeurskynend is wanneer dit met die punt van ’n mes gesteek word.
    3. Verhit intussen ’n ½ k asyn en ’n knippie elk sout en swartpeper in ’n klein pot op hoog tot kokend; verlaag die hitte om vir 8 tot 12 minute te prut of totdat dit stroperig is.
    4. Voeg die roketblare, basilie en die oorblywende teelepel asyn by die bak met die wortels, meng goed. Sit die slaai saam met die hoender en balsamiese glaseersel voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief