×
Skakel na Engels

Broodpoeding met lemoen-en-bottersous

  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

VIR DIE POEDING
  • 1 groot Franse brood
  • 115 g botter
  • 50 g rosyntjies
  • 2 k dubbeldik room
  • 2 k melk
  • 4 eiers, geklits
  • 1 t vanielje
  • 200 g witsuiker
  • 150 g bruinsuiker
  • 1 t fyn kaneel
  • 1 t neutmuskaat
VIR DIE LEMOEN-EN-BOTTERSOUS
  • 60 g botter
  • 150 g witsuiker
  • ½ k suurroom
  • 2 e lemoensap

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
    2. Sny die Franse brood in 2,5 cm-snye en plaas dit op ’n oondvaste 30 cm x 60 cm-skottel. Smelt die botter en giet dit eweredig oor die brood. Strooi die rosyntjies oor sodat dit eweredig versprei is.
    3. Meng die room, melk, eiers, vanielje, suikers, kaneel en neutmuskaat. Giet dit oor die brood in die skottel. Druk met ’n spatel op die brood totdat dit deurweek is.
    4. Plaas die skottel met die broodpoeding in ’n groter roosterpan en vul laasgenoemde met genoeg water sodat dit die onderste deel van die skottel bedek sodat die poeding nie aanbrand nie.
    5. Bak vir 45 tot 60 minute of tot ligbruin bo-op. Hou die poeding vir die laaste 10 minute fyn dop sodat dit nie donkerbruin raak nie, anders sal dit droog wees.
    6. Maak die lemoen-en-bottersous: Smelt die botter in ’n klein kastrol. Voeg die suiker, suurroom en lemoensap by. Bring dit geleidelik tot kookpunt en roer aanhoudend. Wanneer die sous glad is, giet dit oor die broodpoeding.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief