×
Skakel na Engels

Broodjies met braaihoender en jalapeñorissies

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 jalapeñorissies, fyngekap
  • ¼ k mayonnaise
  • ½ t gerookte paprika
  • 4 broodrolletjies, deurgesny
  • 4 (140 g elk) hoenderschnitzels, gebraai
  • 1 e heuning
  • 1 avokado, in dun skywe gesny
  • ½ rooi-uitjie, in baie dun skyfies gesny
  • 2 k ysbergslaai, in dun repies gesny

Resep Aanwysings

    WENK:  Oorskiethoender werk goed in dié resep. Braai dit weer vinnig voordat jy dit voorsit.
    1. Meng die jalapeño’s, mayonnaise en paprika saam in ’n klein bakkie. Smeer die mengsel op al twee snykante van elke rolletjie.
    2. Sit die hoender op die onderste helftes en bedruip met heuning.
    3. Rond af met avokado, uie, blaarslaai en die boonste helftes van elke rolletjie. Sit dadelik voor.
    ELKE PORSIE: Sowat 3 100 kJ, 25 g proteïen, 65 g koolhidrate, 41 g totale vet (9 g versadigde vet), 5 g vesel, 126 mg cholesterol.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief