×
Skakel na Engels

Brood-en-bottergebak met ham en mosterd

  • 15 min
  • 35 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 10 snye witbrood
  • 40 g sagte botter
  • 1 e volgraanmosterd
  • 150 g gesnyde ham
  • 275 ml volroommelk
  • 275 ml dubbeldik room
  • 4 middelslag-eiers
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 50 g beleë cheddarkaas, gerasper

Resep Aanwysings

    1. Plaas vyf snye brood op ’n kapbord. Smeer dit met botter en mosterd. Verdeel die ham tussen 5 snye brood en voltooi met nog ’n sny brood bo-op elke stapeltjie. Sny die toebroodjies diagonaal in kwarte deur.
    2. Rangskik die driehoeke in ’n oondvaste bak van 23 cm x 23 cm x 7,5 cm. Giet die melk, room, eiers en genoeg sout en peper in ’n groot beker en meng goed. Giet die eiermengsel eweredig oor die brood en druk die brood effens plat. Indien jy tyd het, laat dit vir 15 minute in die yskas staan, andersins kan jy voortgaan.
    3. Voorverhit die oond tot 180 °C. Strooi die kaas oor en geur met varsgemaalde swartpeper. Bak vir 30 tot 35 minute of totdat die eiermengsel begin stol. Sit dadelik met ’n vars groen slaai voor.
    ELKE PORSIE: 3 605 kJ, 62 g vet (35 g versadigde vet), 49 g koolhidrate (7 g totale suiker). WENK: Hoender of beesvleis is goeie plaasvervangers as jy nie van ham hou nie.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief