×
Skakel na Engels

Brasiliaanse piesangkoek

  • 30 min
  • 45 min
  • 12
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 5 piesangs, geskil
  • 2 t donker rum
  • 100 g sagte botter
  • 225 g strooisuiker
  • 4 middelslag-eiers
  • 150 g koekmeel
  • 1 t bakpoeier
  • 1 t kaneel
  • 1 t fyn gemmer
  • 5 e gedroogde klapper, gerooster
  • 380 g dulce de leche of karamel van goeie gehalte
  • 1 e klapperskaafsels, vir versiering

Resep Aanwysings

    1. Verhit die oond tot 200 °C. Voer ’n 23 cm-losboomkoekpan met waspapier uit.
    2. Maak twee van die piesangs saam met die rum in ’n voedselverwerker fyn. Plaas eenkant.
    3. Klits die botter en suiker met ’n elektriese klitser tot lig en donsig. Voeg die eiers geleidelik, een-een, by en klits goed ná elke byvoeging. Vou die meel, bakpoeier, speserye en droë klapper in en klits dan die fyngemaakte piesang daarby in tot glad. Skep dit in die voorbereide pan en maak dit glad bo-op. Stel die oondtemperatuur onmiddellik af na 180 °C en bak vir 35 minute, of totdat dit uitgerys is en terugspring wanneer jy liggies daarop druk. Laat vir 20 minute in die pan afkoel voordat jy dit uithaal en verder op ’n draadrak laat afkoel.
    4. Plaas dit op ’n opdienbord. Sny die oorblywende piesangs in diagonale skywe en pak dit bo-op die koek. Verhit die dulce de leche of karamel vir ’n paar sekondes in ’n klein kastrol om dit loperig te maak. Giet die helfte daarvan oor die koek en sprinkel die klapperskaafsels oor. Sit die res van die dulce de leche of karamel in ’n beker saam met die koek voor.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 570 kJ, 14 g vet (9 g versadigde vet), 55 g koolhidrate (45 g totale suiker), 6 g proteïen, 2 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief