×

Braambessie-en-meringue-rollade

  • 25 min
  • 25 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 525 g braambessies
  • 225 g strooisuiker
  • 65 ml water
  • 3 groot eierwitte
  • ¾ t witwynasyn
  • 1 t mielieblom
  • 50 g versiersuiker
  • 300 ml dubbeldik room
  • 1 t vanieljesaadsmeer

Resep Aanwysings

    1. Meng 225 g braambessies, 50 g strooisuiker en 50 ml water in ’n klein kastrol. Bring tot kookpunt en laat prut vir 5 minute totdat die bessies sag is. Vermeng tot glad; giet dit deur ’n sif in ’n bak. (Gooi die pitjies weg.) Laat afkoel.
    2. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n 23 cm x 23 cm-rolkoekpan met bakpapier uit en laat die papier 5 cm bo die pan uitsteek.
    3. Klits die eierwitte in ’n nievetterige bak met ’n elektriese handklitser totdat dit stywe punte vorm. Klits die oorblywende 175 g strooisuiker geleidelik by en klits weer tot stywepuntstadium ná elke byvoeging. Klits die asyn en mielieblom vinnig by. Smeer die meringue egalig oor die pan.
    4. Hou 75 g vrugtepuree eenkant. Skep die res oor die meringue. Trek ’n mes daardeur om ’n marmereffek te skep.
    5. Bak vir 15 tot 18 minute tot opgepof en geset. Laat vir 10 minute in die pan afkoel. (Die meringue sal sak.) Lig dit aan die papier op ’n draadrak uit om heeltemal af te koel.
    6. Sprei bakpapier op ’n werkoppervlak uit; keer die meringue daarop om. Trek die papier van die onderkant af.
    7. Klits die versiersuiker, room en vanielje in ’n middelslagbak totdat dit sagte punte vorm. Smeer dit oor die meringue. Druk die orige bessies effens fyn; versprei dit oor die room. Gebruik ’n mes om ’n vertikale lyn sowat 1,5 cm van een van die korter sye se rand af te trek (moenie deursny nie). Gebruik die bakpapier om die rollade op te rol; die lyn sal help om die rol te begin vorm. Plaas op ’n opdienbord. Meng orige 1 e water by die puree wat jy uitgehou het; sit dit saam met die rollade voor.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 970 kJ, 3 g proteïen, 27 g vet (17 g versadig), 52 g koolhidrate (51 g totale suiker), 4 g vesel.

    WERK VOORUIT: Maak rollade tot 3 uur vooraf. Hou die rollade en die verdunde puree in die yskas.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief