×
Skakel na Engels

Botterskorsie-en-varkpasta

  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

Ons het botterskorsie gebruik omdat dit nie so vinnig fynkook nie, maar jy kan gerus pampoen gebruik.  
  • 2 e olyfolie
  • 300 g botterskorsie (geskilde gewig), in 2 cm-blokkies gesny
  • 300 g fettucine- of linguinepasta
  • 300 g varkfilette, in vingergrootte-repies gesny
  • 40 g dennepitte
  • 1½ e korrelmosterd
  • 150 ml dubbeldik room
  • 1 e papawersaad
  • ’n groot hand vol vars pietersielie, gekap
  • sout en peper na smaak
  • vars gerasperde parmesaankaas, vir opdiening (opsioneel)

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n groot pan oor mediumhoë hitte en voeg die botterskorsie by. Braai vir sowat 12 minute of tot sag en gekaramelliseer. Roer af en toe. Skep die botterskorsie met ’n gaatjieslepel in ’n bak uit (los die olie in die pan).
    2. Bring intussen soutwater in ’n groot kastrol tot kookpunt en maak die pasta volgens die aanwysings op die pakkie gaar. Dreineer, maar behou 1 k van die pastawater.
    3. Plaas die varkrepies in die leë braaipan. Braai vir sowat 5 minute of tot net deurgaar. Voeg die dennepitte by en braai vir 30 sekondes of tot gerooster en goudkleurig. Verwyder van die hitte en roer die mosterd, room, papawersaad en botterskorsie by.
    4. Skep die pasta terug in die kastrol en voeg die varkmengsel en amper al die pietersielie by. Meng goed (voeg genoeg van die pastawater by om die verlangde dikte te verkry). Proe vir smaak.
    5. Garneer met die orige pietersielie en sit met die kaas voor as jy wil.
    ELKE PORSIE: 3 110 kJ, 31 g proteïen, 41 g vet (16 g versadigde vet), 60 g koolhidrate (7 g suiker), 5 g vesel.      
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief