×
Skakel na Engels

Fusilli met botterskorsie en pesto

  • 20 min
  • 25 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 350 g volgraan-fusilli
  • 550 g botterskorsie in blokkies gesny
  • ½ k geroosterde amandels
  • 2 knoffelhuisies
  • 2 k vars basilieblare, plus ekstra vir garnering
  • 1 t gerasperde suurlemoenskil
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 60 ml olyfolie
  • ½ k parmesaankaas, fyngerasper, plus ekstra skaafsels vir garnering

Resep Aanwysings

    1. Gebruik ’n groot kastrol met ’n deksel; maak dit vol soutwater en bring dit tot kookpunt. Voeg die fusilli en botterskorsie by en kook volgens die aanwysings op die fusilli se verpakking.
    2. Zirts intussen die amandels en knoffel in ’n voedselverwerker tot fyn. Voeg die basilie, suurlemoenskil, ½ t sout en ’n knippie varsgemaalde swartpeper by. Zirts weer totdat alles fyngekap is.
    3. Skep ⅔ k pastawater uit die kastrol. Terwyl die voedselverwerker loop, voeg die olie en pastawater stadig by. Voeg die parmesaan by en zirts totdat die pesto deeglik gemeng is.
    4. Dreineer die pasta en botterskorsie. Skep dit saam met die pesto terug in die kastrol. Roer goed deur. Garneer met basiliekruid en nog parmesaan, indien verkies.
    ELKE PORSIE: Sowat 2 590 kJ, 25 g proteïen, 80 g koolhidrate, 28 g totale vet (4 g versadigde vet), 17 g vesel, 9 mg cholesterol.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief