×
Skakel na Engels

Botterskorsie-en-lensiebredie

  • 15 min
  • 20 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Botterskorsie-en-lensiebredie

Resep Bestanddele

  • 2 middelslag-salotte, in dun skyfies gesny
  • 1 e vars gemmer, geskil en fyngekap
  • 1 e kookolie
  • 1 t fyn koljander
  • ½ t fyn kardemom
  • 1 klein botterskorsie, geskil, ontpit en in 4 cm-stukke gesny
  • 450 g groen lensies, enige klippies verwyder
  • 6 k hoender- of groenteaftreksel
  • ¾ t sout
  • 5 k babaspinasie
  • 1 e appelasyn
  • ½ t varsgemaalde swartpeper

Resep Aanwysings

    1. Braai die salotte en gemmer in die olie in ’n drukkoker oor matige hitte vir 5 minute of tot goudkleurig; roer gereeld. Voeg die koljander en kardemom by en braai vir 1 minuut terwyl jy roer. Voeg die botterskorsie, lensies, aftreksel en ¼ t sout by.
    2. Bedek, sluit die deksel en verhoog die druk oor hoë hitte. Verlaag die hitte na mediumlaag. Laat kook vir 12 minute. Druk die knoppie op die deksel om die stoom vinnig vry te stel.
    3. Roer die spinasie, asyn, oorblywende sout en swartpeper in.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 360 kJ, 19 g proteïen, 57 g koolhidrate, 4 g vet, 15 g vesel.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief