×
Skakel na Engels

Bosbessie-en-lemoen-pondkoek

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Bosbessie-en-lemoen-pondkoek

Resep Bestanddele

KOEK:
  • 4 e (57 g) saggemaakte botter
  • ¾ k xilitol (Jeanette het gelyke hoeveelhede eritritol en xilitol gebruik.)
  • 100 g saggemaakte roomkaas
  • 4 eiers
  • fyngerasperde skil van een lemoen
  • ½ t lemoenekstrak
  • 1¼ k amandelmeel
  • 1 t bakpoeier
  • ’n knippie sout
  • 1 k bevrore bosbessies wat oornag in die yskas ontvries is; dreineer enige vloeistof
VERSIERSEL:
  • 125 g saggemaakte roomkaas
  • 250 g kloproom
  • 5 ml vanielje
  • 2 tot 3 e fyn xilitol of eritritol (Gebruik ’n koffiemeul om dit fyn te maak.)
  • vars kersies of granaatpitte

Resep Aanwysings

    KOEK:
    1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
    2. Smeer ’n klein broodpan en voer dit met bakpapier uit.
    3. Verroom die botter en versoeter saam. Voeg die saggemaakte roomkaas by en klits om te meng. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. Voeg die lemoenskil en -ekstrak by en meng. Voeg die droë bestanddele by en klits om te meng. Plaas ’n derde van die deeg in die pan, gevolg deur ’n derde van die bosbessies. Herhaal die lae en eindig met die bosbessies. Druk dit halfpad in die deeg in.
    4. Plaas die pan in die oond en bak vir 35 minute. Bedek die koek liggies met foelie om te keer dat dit te donker word. Bak vir nog 10 tot 20 minute. Omdat oonde verskil, is dit belangrik om dit koek ná altesaam 45 minute te toets. Haal dit uit die oond wanneer ’n toetspen skoon uitkom.
    VERSIERSEL:
    1. Klits die roomkaas om klonte te verwyder. Voeg die room, vanielje en xilitol of eritritol by en klits met ’n ballonklitser-hegstuk tot ferm.
    2. Versier die koek met vars kersies of granaatpitte. Jeanette het eetbare blinkertjies en gedroogde bosbessies gebruik. Klapperskaafsels is ook lekker.
    Foto’s en resepte van die blog Jeanette's Low Carb Eats. Besoek Jeanette's Low Carb Eats vir nog fantastiese banting-vriendelike resepte.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief