×
Skakel na Engels

Bokkoms op roosterbrood met geposjeerde eier en spinasie

  • 20 min
  • 25 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

VIR DIE BEURRE BLANC
  • 125 ml droë witwyn
  • 100 ml witwynasyn
  • ½ ui
  • 200 g koue gesoute plaasbotter, in blokkies gesny
  • sap van 1 lemoen
  • ’n knippie snoeksout of seesout
  • ’n knippie suiker
VIR DIE GEPOSJEERDE EIERS
  • 6 klein plaaseiers
  • 500 ml water
  • 30 ml witwynasyn
VIR DIE BOKKOMS EN ROOSTERBROOD
  • 6 marsbanker-bokkomhelftes (of gerookte snoek)
  • 12 basilieblare
  • 12 dun snye ciabatta
  • olyfolie vir braai

Resep Aanwysings

    VIR DIE BEURRE BLANC

    Plaas die wyn, asyn en ui in ’n klein kastrolletjie. Kook totdat die helfte van die vloeistof verdamp het. Gooi die ui weg. Voeg die botter geleidelik by en klits totdat al die botter gesmelt is. Voeg die lemoensap by en geur na smaak met die sout en suiker.

    VIR DIE GEPOSJEERDE EIERS

    Breek die eiers versigtig in individuele koppies of ramekins oop. Bring die water tot kookpunt in ’n groot, diep kastrol (sowat 10 cm). Voeg die asyn by. Voeg dan die eiers een-een by – laat hulle versigtig uit die houertjies gly. Posjeer liggies vir sowat 3 minute sonder om te roer.

    VIR DIE BOKKOMS EN ROOSTERBROOD

    Maak toebroodjies met 2 snye ciabatta elk, asook die bokkomhelftes en basilie. Verhit die olyfolie in ’n swaarboompan en braai die toebroodjies vinnig aan albei kante tot goudbruin en effens bros. Plaas in ’n voorverhitte oond by 180 °C vir 5 minute.

    VIR OPDIENING

    2 groot hande vol duinspinasie (of gewone spinasie), behoorlik afgespoel

    OM SAAM TE STEL

    Giet beurre blanc op elke bord. Plaas die bokkombroodjies in die sous. Dompel die spinasie vinnig in kookwater. Sit ’n geposjeerde eier en geblansjeerde spinasie bo-op elke broodjie.

    WENK: As jy nie bokkoms in die hande kan kry nie, gebruik gerookte snoek.

    Kobus van der Merwe

    Blog: www.sardinesontoast.co.za
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief