×
Skakel na Engels

Bloubessiepastei

  • 25 min
  • 80 min
  • 8
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 ¼ k meel
  • ¼ t sout
  • 13 e koue botter (geen plaasvervangers nie), opgesny
  • 4 tot 6 e yswater
  • 5 k bloubessies
  • ⅔ k suiker
  • 3 e mielieblom
  • 1 e vars suurlemoensap
  • ’n knippie sout
  • 1 groot eier
  • 1 e dubbeldik room of volroommelk

Resep Aanwysings

    1. Meng die meel en suiker in ’n voedselverwerker. Voeg 12 e botter by en pols totdat die mengsel krummelrig is. Sprinkel die yswater, ’n eetlepel op ’n slag, by en pols weer ná elke byvoeging totdat groot klonte begin vorm.
    2. Verdeel die deeg in 2 hopies waarvan die een effens groter as die ander een is; bedek en verkoel vir 30 minute of oornag in die yskas.
    3. Voorverhit die oond tot 200 °C. Gebruik ’n koekroller en rol die groter stuk deeg op ’n meelbestrooide oppervlak in ’n sirkel van 30 cm uit. Smeer en druk die deegsirkel in ’n pasteibak van 22 cm vas. Laat die rand met 2,5 cm oorhang en sny die res af.
    4. Voer die pasteidop met foelie uit en vul dit met droëbone. Bak vir 20 minute.Verwyder die foelie en bone, bak vir 10 minute of tot goudbruin.
    5. Meng intussen die bloubessies, suiker, mielieblom, suurlemoensap en sout deeglik saam in ’n groot mengbak. Klop die eier en room in ’n aparte bakkie.
    6. Rol die oorblywende stuk deeg in ’n sirkel van 27 cm uit.
    7. Sit die warm kors op ’n bakplaat wat met foelie uitgevoer is. Versprei die vulsel egalig oor die kors en stip met die oorblywende eetlepel botter. Borsel die eiermengsel oor die kante van die kors en sit die deegsirkel bo-op. Gebruik ’n koekroller wat liggies in meel gerol is, en rol dit bo-oor. Druk die deeg liggies om die kante van die kors te seël en sny oortollige stukkies deeg af. Borsel die kors met die eiermengsel en maak snytjies in die middel.
    8. Verlaag die hitte na 190 °C. Bak vir 1 uur of totdat die boonste kors goudbruin en die mengsel borrelend warm is.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 842 kJ, 5 g proteïen, 60 g koolhidrate, 21 g totale vet (13 g versadigde vet), 3 g vesel, 75 mg cholesterol, 265 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief