×
Skakel na Engels

Bloody Mary-sop

  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Bloody Mary-sop

Resep Bestanddele

  • 1 rooi-ui, grofgekap
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 2 selderystokkies, grofgekap, plus ekstra stokkies vir garnering
  • 600 g ryp tamaties, gehalveer (hoe rooier hoe mooier!)
  • 1 rooi brandrissie, saadjies verwyder en grofgekap
  • 2 e olyfolie
  • ½ t selderysout (of gewone sout indien verkies)
  • genoeg peper
  • 600 ml groente-aftreksel
  • 400 g-blik gekapte tamaties
  • 3 e tamatiepuree
  • 1 e worcestersous
  • crème fraîche of dik room
  • vodka, om mee voor te sit

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Plaas die uie, knoffel, gekapte seldery, vars tamaties, rissie, olyfolie, seldery, sout en peper in ’n groot oondpan. Meng deur en rooster vir 40 minute.
    2. Skraap die geroosterde groentemengsel in ’n versapper en zirts tot heeltemal glad. Druk dit deur ’n fyn sif in ’n groot pan (werk ferm met die pulp om soveel moontlik geur te onttrek). Gooi enige skil en saadjies weg wat nie deur die sif wil gaan nie.
    3. Voeg die aftreksel by die pan, dan die geblikte tamaties, tamatiepuree en worcestersous. Roer goed deur en toets vir geur.
    4. Verhit die sop weer effens om voor te sit. Giet dit in 6 stewige glase of groot bekers. Voeg ’n selderystokkie by elkeen en garneer dit met ’n skeppie crème fraîche of ’n skeut room. Gooi vodka in klein glasies om, indien verkies, by die  sop te voeg.
    5. WERK VOORUIT:  Berei die resep tot ’n dag vooraf tot aan die einde van stap  2 en laat syg die mengsel deur in ’n groot bak in plaas van ’n pan. Laat afkoel, bedek en verkoel oornag. Voltooi die resep vir opdiening.
    ELKE PORSIE: 349 kJ, 4 g vet (1 g versadigde vet), 9 g koolhidrate (8 g totale suiker).
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief