×
Skakel na Engels

Blondies met rooibos en gekaramelliseerde neute

  • 12
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 5 rooibosteesakkies
  • 160 ml kookwater
  • 190 g botter
  • 365 g bruinsuiker
  • 1 vanieljepeul
  • 2 eiers
  • 300 g koekmeel
  • 270 g witsjokolade
  • 100 g gemengde, geroosterde, ongesoute neute
  • 100 g rou pistachioneute
  • 100 ml strooisuiker
  • 125 ml bosbessies, fyngekap

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en voer ’n 23 cm x 23 cm-pan uit.
    2. Laat vier van die rooibosteesakkies in 80 ml kookwater trek.
    3. Room die botter en suiker tot lig en donserig.
    4. Sny die vanieljepeul in die helfte deur, skraap die saadjies uit en voeg dit by die bottermengsel. (Hou die peul vir ’n ander gebruik.) Voeg die eiers by en klop goed.
    5. Meng die helfte van die meel by, haal die teesakkies uit die kookwater en voeg die vloeistof by die beslag. Meng goed.
    6. Kap 180 g van die wit sjokolade in splinters en voeg dit saam met die gemengde neute by die orige meel. Voeg dié mengsel by die beslag en meng goed. (Dit maak dat die sjokolade en neute in die beslag vassit en nie tot op die bodem van die pan afsak nie.) Skep dit in die voorbereide pan en bak vir 16 minute.
    7. Berei die bolae voor terwyl die blondies bak. Kap die pistachioneute rofweg op. Meng die rooibosteestokkies van die orige teesakkie met die strooisuiker en orige kookwater. Wanneer die suiker opgelos is, voeg die pistachioneute by en meng goed.
    8. Skep die pistachioneute uit die suikerwater en plaas dit op ’n silikoonmatjie. Bak dit in die oond by 200 °C vir 5 tot 8 minute of totdat die neute gekaramelliseer is. Laat afkoel.
    9. Wanneer die blondies gaar is, laat dit vir 10 minute afkoel voordat jy dit uit die pan haal en sny.
    10. Smelt die orige 90 g sjokolade en bedruip die blondies daarmee. Strooi die gekaramelliseerde pistachioneute en bosbessies bo-oor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief