×
Skakel na Engels

Blomkoolrys

  • 10 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Blomkoolrys

Resep Bestanddele

  • 1 klein tot middelslagblomkool, sowat 500 g
  • 50 g vars ertjies
  • gerasperde skil en sap van ½ tot 1 suurlemoen, na smaak
  • 1 e esdoringstroop
  • 3 sprietuie, fyn opgesny
  • ½ t fyn komyn
  • 2 e gekapte vars kruisement
  • sout en swartpeper (opsioneel)

Resep Aanwysings

    1. Sny die blomkoolblommetjies van die stingel af. (Gooi die blare en stingel weg.) Zirts die blommetjies in ’n voedselverwerker totdat die stukkies so groot soos rys is. Keer dit in ’n opdienbak uit.
    2. Meng die orige bestanddele by en geur met sout en peper (indien verkies) na smaak.

    ELKE PORSIE: Sowat 210 kJ, 4 g proteïen, 1 g vet (0 g versadig), 5 g koolhidrate (4 g suiker), 3 g vesel.

    WERK VOORUIT: Maak dit tot ’n dag vooraf, sonder die kruisement. Bedek en verkoel. Roer die ment by en sit voor.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief