×
Skakel na Engels

Blomkoolrys met geroosterde groente en hoender

  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
cauliflower-rice

Resep Bestanddele

BESTANDDELE

  • 2 uie
  • 1 rooi soetrissie
  • 1 geel soetrissie
  • 2 middelslagwortels
  • 1 middelslagpatat
  • 4 murgpampoentjies
  • 20 groenbone, punte afgesny en gehalveer
  • 45 ml olyfolie
  • 5 ml rissievlokkies
  • sout en peper, vir geur
  • 1 middelslagblomkool, gerasper of in ’n voedselverwerker fyngemaak
  • 30 ml klapperolie
  • 100 g babaspinasie, gesnipper
  • 800 g gaar hoender, gesnipper

SOUS

  • 125 ml avokado-olie
  • 70 ml witwynasyn
  • 30 ml xilitol
  • 10 ml heuning
  • sout en peper na smaak
  • ’n knippie fyn gemmer

Resep Aanwysings

    1. Sny die uie, soetrissies, wortels, patat en murgpampoentjies in happiegrootte blokkies om dit te rooster. Voeg die groenbone by, meng met die olyfolie, voeg die rissievlokkies by en geur met sout en peper.
    2. Rooster by 200 °C tot sag; die groente sal karamelliseer om ’n heerlike geur te verleen.
    3. Terwyl die groente rooster, braai die blomkoolrys in klapperolie tot net-net sag. Moet dit nie oorgaar maak nie.
    4. Skep die blomkoolrys op ’n dienbord.
    5. Roer die spinasie by die groente sodra jy dit uit die oond haal. Die spinasie sal vinnig verwelk.
    6. Skep nou die geroosterde groente bo-op die blomkoolrys. Plaas die gesnipperde hoender bo-op.
    7. Klits die sousbestanddele saam, proe en pas die geurmiddels na smaak aan.
    8. Bedruip die gereg met die sous, of sit dit apart voor.

    SALLY-ANN CREED SE WENK:

    “Dis oukei om ’n bietjie heuning in hierdie Banting-resep te gebruik – dis net 2 teelepels vir ekstra geur in ’n gereg vir 6 mense. ’n Klein bietjie hiervan is heeltemal aanvaarbaar in ’n gereg en maak ’n groot verskil.”

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief