×
Skakel na Engels

Blomkool-en-lemmetjiekerrie

  • 25 min
  • 15 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 k basmatirys
  • 2 lemmetjies
  • 400 ml laevet-klappermelk
  • 1 middelslag-ui (170 g tot 230 g, dungesny)
  • 1 t kerriepoeier
  • sout
  • ¼ k krummelrige grondboontjiebotter
  • ¼ k water
  • 1 blomkoolkop, in klein blommetjies verdeel
  • 400 g-blik kekerertjies, gedreineer en afgespoel

Resep Aanwysings

    1. Berei die rys volgens die aanwysings op die verpakking. Rasper die lemmetjie se skil in ’n klein bakkie fyn. Druk 2 e lemmetjiesap in ’n ander bakkie uit.
    2. Verhit ½ k klappermelk in ’n groot pot op medium hitte tot kookpunt. Voeg die uie, kerriepoeier en ¼ t sout by en kook vir 5 tot 6 minute of totdat die pot amper droog en die uie sag is; roer gereeld.
    3. Voeg die grondboontjiebotter, water en oorblywende klappermelk by die res. Verhit op hoë hitte tot kookpunt. Verlaag tot medium hitte. Voeg die blomkool en kekerertjies by, bedek en laat prut vir 10 minute of totdat die blomkool gaar is; roer af en toe. Haal van die hitte af en roer die lemmetjiesap en ¼ t sout by.
    4. Maak die gaar rys met ’n vurk los en roer die gerasperde lemmetjieskil liggies daarby in. Sit die kerrie en rys saam voor.
    ELKE PORSIE: Sowat 2 100 kJ, 16 g proteïen, 70 g koolhidrate, 19 g totale vet (7 g versadigde vet), 11 g vesel, 0 mg cholesterol.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief