×
Skakel na Engels

Blomkool-en-kaassop

  • 10 min
  • 25 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 25 g botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 500 g blomkoolblommetjies
  • 1 middelslag-aartappel, gekap
  • 300 ml afgeroomde melk
  • 700 ml groente-aftreksel
  • sout en varsgemaalde swartpeper
  • 50 g beleë cheddarkaas, in blokkies gesny

Resep Aanwysings

    1. Smelt die botter in ’n groot pot en braai die uie liggies daarin vir 10 minute of tot sag. Voeg die blomkool, aartappel, melk, aftreksel en van die geurmiddels by, en bring dit dan tot kookpunt.
    2. Laat prut vir 25 minute of totdat die groente heeltemal sag is. Pols in ’n voedselverwerker tot glad, giet dit terug in die pot en toets vir geur.
    3. Verhit die sop weer indien nodig vir opdiening, en skep dit in bakkies wat vooraf verhit is (of in groot sopkomme). Rond af met die kaas en van die varsgemaalde swartpeper. Roer die kaas net voor ete deur vir die perfekte effek. Sit saam met brood voor indien verkies.
    ELKE PORSIE:  Sowat 890 kJ, 11 g vet (6 g versadigde vet), 17 g koolhidrate (9 g totale suiker).
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief