×
Skakel na Engels

Blomkool-en-kaas-frittata

  • 20 min
  • 25 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book
Blomkool-en-kaas-frittata

Resep Bestanddele

  • 450 g blomkoolblommetjies
  • 60 g ongesoute botter
  • 50 g koekmeel
  • 400 ml melk
  • 150 g sterk cheddar, gerasper
  • 8 groot eiers, geklits
  • ’n klein bossie grasuie, fyngekap, vir garnering
  • 60 g slaaiblare, vir opdiening

Resep Aanwysings

    1. Bring ’n middelslagkastrol water tot kookpunt, voeg die blomkool by en laat prut vir 3 tot 5 minute tot net sag. Dreineer en plaas eenkant.
    2. Smelt 50 g botter oor matige hitte in die leë kastrol en roer die meel by. Verwyder van die hitte en meng die melk geleidelik by. Plaas die kastrol weer oor die hitte en laat kook vir 3 tot 5 minute terwyl jy roer totdat dit verdik het. Roer 125 g cheddar by, proe vir geur en plaas dit eenkant.
    3. Voorverhit die oondrooster op hoog. Smelt die orige botter in ’n groot oondvaste pan oor matige hitte en voeg die gaar blomkool by. Giet die geklitste eiers by en laat kook vir 5 minute totdat dit goudkleurig aan die onderkant is. Plaas die frittata vir 3 tot 4 minute onder die rooster totdat die eier geset het.
    4. Bedek dit met die kaassous en orige cheddar. Rooster dit vir 2 tot 3 minute tot goudkleurig en borrelend. Laat dit vir ’n paar minute by kamertemperatuur staan. Garneer met grasuie, geur met peper en sit dit met slaaiblare voor.

    ELKE PORSIE: Sowat 2 430 kJ, 33 g proteïen, 41 g vet (21 g versadig), 17 g koolhidrate (8 g totale suiker), 3 g vesel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief