×
Skakel na Engels

Blomkool-ansjovis-spaghetti

  • 15 min
  • 25 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • sout en peper
  • 3 e olyfolie
  • 1 klein blomkoolkop, ontkern en fyngekap
  • ¼ k water
  • 16 ansjovisfilette (sowat 30 g, afgespoel en droog geklad)
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 430 g dun spaghetti
  • ¼ k vars pietersielie, fyngekap

Resep Aanwysings

    1. Bring water tot kookpunt in ’n middelslag- tot groot pot. Voeg 2 t sout by.
    2. Verhit 2 e olie op matige hitte in ’n 30 cm-pan. Voeg die blomkool en ¼ t sout by. Braai vir 2 minute of totdat dit verbruin het; roer af en toe. Voeg die water by en kook vir 3 minute tot sag; roer af en toe. Verlaag na matige hitte en voeg die ansjovis, knoffel en oorblywende olie by. Braai vir 1 tot 2 minute tot geurig; roer om die ansjovis in kleiner stukkies te breek.
    3. Voeg intussen die pasta by kokende water in ’n pot. Kook 1 minuut korter as die minimum tyd op die aanwysings; roer af en toe. Hou 1 k van die kokende pastawater eenkant. Dreineer die pasta en gooi dit terug in die pot.
    4. Voeg die pietersielie, blomkoolmengsel, ½ k van die pastawater en ½ t varsgemaalde swartpeper by in die pot. Kook op matige hitte vir 1 minuut of totdat die pasta al dente en goed bedek is terwyl dit heen en weer geskud en geroer word. As die mengsel effens droog lyk, meng van die pastawater by.
    ELKE PORSIE: Sowat 2 100 kJ, 18 g proteïen, 81 g koolhidrate, 13 g totale vet (2 g onversadigde vet), 5 g vesel, 6 mg cholesterol, 490 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief