×
Skakel na Engels

Blitsgebraaide biefstuk met waatlemoen en kruisement

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 230g dun rysnoedels
  • 450g ontbeende lendeskyf (2,5 cm dik)
  • sout en peper
  • 1 salot, fyngekap
  • 1 stingel sitroengras, net die geel en bleekgroen gedeelte, fyngekap
  • 1 t suiker
  • ¼ k vars lemmetjiesap
  • 1 e vissous met ’n lae natriuminhoud
  • ½ klein waatlemoen, afgeskil, in 1,2 cm-blokkies gesny
  • ½ Engelse komkommer, in die helfte gesny, pitte verwyder, in dun skyfies gesny
  • ½ k vars kruisementblare, fyngekap

Resep Aanwysings

    1. Stel die oond se roosterelement op medium of pak die braaivleisvuur.
    2. Berei die noedels volgens die pakkie se aanwysings. Dreineer, spoel onder koue water af en dreineer weer.
    3. Geur die biefstuk en braai vir 12 tot 13 minute tot mediumrou of volgens smaak. Draai een keer om. Skep die vleis op ’n kapbord en laat dit vir 10 minute rus.
    4. Roer intussen die salot, sitroengras, suiker, lemmetjiesap en vissous saam in ’n mengbak totdat die suiker opgelos het. Sny die biefstuk in dun skywe al met die grein langs. Plaas dit saam met die waatlemoen, komkommer en kruisement in die mengbak. Meng liggies deur.
    5. Verdeel die noedels tussen die borde. Skep die biefstukmengsel en geurige sappe bo-oor.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 800 kJ, 26 g proteïen, 64 g koolhidrate, 8 g totale vet (3 g versadigde vet), 2 g vesel, 75 mg cholesterol, 435 mg natrium.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief