×
Skakel na Engels

Bitsige lasagne

  • 20 min
  • 55 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 t kookolie
  • 1 klein ui (120 g tot 170 g), fyngekap
  • 2 middelslag-murgpampoentjies, in dun skyfies gesny
  • 450 g salsa
  • 1 k vars of bevrore mieliepitte
  • 1 e brandrissiepoeier
  • 250 g passata of tamatiepuree
  • 9 lasagnevelle
  • 1 blik laevet-dubbelgebraaide bone (refried beans)
  • 250 g gerasperde Monterey Jack-, Tussers- of cheddarkaas
  • ½ k vars koljanderblare

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 205 °C. Spuit ’n vlak 2 ℓ-oondbak met ’n kleefwerende kossproei.
    2. Verhit die olie op matige hitte in ’n 30 cm-pan. Voeg die ui by en braai vir 2 minute of totdat dit begin sag raak. Roer nou en dan. Voeg die murgpampoentjies, salsa, mielies en brandrissiepoeier by. Braai vir 2 tot 3 minute of totdat die murgpampoentjies al dente is. Roer nou en dan. Haal van die hitte af.
    3. Skep die helfte van die tamatiemengsel in die voorbereide oondvaste bak. Rangskik twee lasagnevelle om ’n enkellaag te vorm. Skep die helfte van die bone en die helfte van die groente op die lasagne. Rangskik nog twee lasagnevelle in ’n enkellaag. Strooi die helfte van die kaas bo-oor. Herhaal die proses met die oorblywende sous, lasagnevelle, bone en groente. Strooi die oorblywende kaas bo-oor.
    4. Maak deeglik met foelie toe en bak vir 30 minute. Verwyder die foelie en bak vir ’n verdere 15 tot 20 minute of totdat dit begin borrel en die pastavelle sag is.
    5. Haal uit die oond en laat staan vir 5 minute. Garneer met koljanderblare en sit voor.
    ELKE PORSIE: Sowat 1 540 kJ, 18 g proteïene, 41 g koolhidrate, 15 g totale vet (8 g versadigde vet), 7 g vesel, 34 mg cholesterol.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief