×
Skakel na Engels

Biefstuk met ’n Argentynse kruiesous

  • 15 min
  • 10 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 k platblaarpietersielie
  • 1 k vars koljanderblare
  • 1 knoffelhuisie
  • 3 e ekstrasuiwer olyfolie
  • 2 e sjerrie-asyn
  • ¼ t gedroogde origanum
  • ¼ t paprika
  • growwe sout en peper
  • 4 lendeskywe (sirloin) of bolendeskywe (porterhouse steaks), 1 kg (elk 2,5 cm dik)

Resep Aanwysings

    1. Stel die oond se roosterelement op medium of pak die braaivleisvuur. Plaas ’n draadrak in ’n oondpan vir oondroosterdoeleindes.
    2. Berei die kruiesous voor: Plaas die pietersielie, koljanderblare en knoffel in ’n voedselverwerker. Zirts tot fyn. Voeg die olie, asyn, origanum, paprika en ’n knippie sout en swartpeper by. Zirts tot glad.
    3. Druk die vleis droog. Besprinkel alkante goed met sout en swartpeper. Plaas onmiddellik onder die rooster of op ’n braairooster; braai vir 7 tot 8 minute vir tussen rou en halfgaar, of na smaak; draai elke 2 tot 3 minute om. Laat rus op ’n draadrak vir 5 minute.
    4. Roer enige vleissappe by die kruiesous. Sny die biefstuk en sit dit met sous voor.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 863 kJ, 38 g proteien, 1 g koolhidrate, 31 g totale vet (10 g versadigde vet), 1 g vesel, 136 mg cholesterol, 285 mg natrium.

     

    Variasie: Geroosterde biefstuk au poivre

    Laat die kruiesous en sout en peper vir die biefstuk weg. Gebruik ’n vysel en ’n stamper en maal 2 e swartpeperkorrels, 1 e koljandersaad en 1 t vinkelsaad saam tot grof. Roer 1 t growwe sout by. Vryf die mengsel goed in die vleis in. Rooster of braai soos aangedui.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 611 kJ, 38 g proteien, 2 g koolhidrate, 24 g totale vet (9 g versadigde vet), 1 g vesel, 136 mg cholesterol, 400 mg natrium.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief