×
Skakel na Engels

Bief Wellington met knoffelkapokaartappels

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 1 knoffelbol
  • 400 g groenboontjies, punte afgesny
  • 12 tot 15 repies parmaham
  • 300 g spinasie
  • 200 ml slagroom
  • 2 e peperwortel
  • sout en peper
  • meel, om mee te bestrooi
  • 2 x 320 g-velle kitsklaar-blaardeeg
  • ’n halwe beesfilet, sowat 1 kg, in 6 skywe of 6 filetsteaks van sowat 150 g elk gesny
  • 1 eier, geklits
  • 1,2 kg aartappels, geskil en in groot, eweredige stukke gesny
  • 25 g botter
  • 2 e melk 

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 200 °C. Sny die bo- en onderpunt van die knoffel af en draai dit in foelie toe. Rooster vir 30 tot 35 minute of tot sag. Laat afkoel.
    2. Bring intussen water in ’n middelslagkastrol tot kookpunt en laat die boontjies vir 3 minute kook tot sag. Spoel dit onmiddellik met koue water af tot afgekoel. Sny 3 repies ham oorlangs in die helfte. Verdeel die boontjies in 6 bondels, draai elke bondel in ’n repie ham toe en plaas dit op ’n bakplaat. Verkoel.
    3. Sit die spinasie in ’n vergiettes in die wasbak en giet ’n ketel vol kookwater daaroor uit. Laat die spinasie afkoel totdat jy daaraan kan vat. Lig hande vol op ’n slag op, druk enige vloeistof uit en sit die spinasie in ’n voedselverwerker. Voeg 100 ml room en die peperwortel by, geur mildelik en zirts om te meng. (As jy dit met die hand maak, kap die spinasie fyn en roer die room en peperwortel by.) Hou eenkant.  
    4. Besprinkel ’n werkoppervlak liggies met meel en rol die eerste vel deeg tot 38 cm x 23 cm uit. Sny dit in 3 reghoeke van 12,5 cm x 23 cm. Sit ’n repie ham in die middel van elke reghoek, sit ’n steak op elke repie en skep ’n sesde van die spinasiemengsel op elke steak. Vou die orige ham bo-oor die spinasie. Verf die deeg met ’n bietjie geklitste eier, vou dit toe en druk die rande vas. Sny enige oortollige deeg af. Druk die rande met ’n vurk vas en verf die pakkies met eier. Herhaal met die orige deeg en bestanddele. Sit die pasteie op ’n groot bakplaat en verkoel vir 10 minute.
    5. Verhoog die oondtemperatuur tot 220 °C. Sit die aartappels in ’n groot kastrol, bedek met water en bring tot kookpunt. Laat vir 15 minute kook of totdat die aartappels gaar is. (Toets dit deur ’n mes in een te druk. Dit moet maklik deurdruk.) Dreineer en laat in ’n vergiettes stoom vir 10 minute. Sit die aartappels weer in die kastrol en druk die knoffel versigtig uit die huisies oor die pot uit. Druk dit saam met die orige room, die botter en die melk fyn.
    6. Bak intussen die pasteie vir 20 minute (sodat die vleis tussen rou en halfgaar is) of 25 minute (halfgaar). Sit die boontjiebondels vir die laaste 12 minute by. Laat die pasteie vir 5 minute rus en sit dit dan saam met die boontjies en kapokaartappels voor, asook ekstra peperwortel as jy wil.

    WERK VOORUIT: Maak die bief Wellingtons tot ’n dag vooraf, bedek en verkoel. Bring tot kamertemperatuur, glaseer weer met ’n geklitste eier en bak vir 20 tot 25 minute. Berei die boontjies tot aan die einde van stap 2. Skil en sny die aartappels. Hou dit vir tot 3 uur in koue water. Voltooi die resep en sit voor.

     ELKE PORSIE: Sowat 4 165 kJ, 54 g vet (27 g versadigde vet), 69 g koolhidrate (6 g totale suiker), 55 g proteïen, 9 g vesel.

    WENK: Sny die beesfilet in ewe groot steaks sodat dit eweredig gaar raak.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief