×
Skakel na Engels

Bevrore sjokolade-neut-en-kersie-nagereg

  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 x 380 g-blikkies Nestlé Ideal Unsweetened Evaporated Milk
  • 4 e strooisuiker
  • 
2 e sterk koffiekorrels
  • 3 e Nestlé Cocoa Powder
  • 
1 e gelatienpoeier
  • 
290 g-blikkie Nestlé Dessert Cream
  • 1½ pakkies vingerbeskuitjies
  • 100 g geroosterde okkerneute, gekap
  • 100 g glanskersies, gekap
  VERSIERING
  • vars frambose
  • sjokoladeskaafsels
 

Resep Aanwysings

    1. Plaas die Nestlé Ideal Unsweetened Evaporated Milk saam met die strooisuiker, koffie en Nestlé Cocoa Powder in ’n kastrol. Bring dit tot kookpunt terwyl jy aanhoudend roer totdat die suiker opgelos het. Verwyder van die hitte en sprinkel die gelatien bo-oor. Roer totdat dit opgelos het, verkoel die mengsel en roer dan die Nestlé Dessert Cream daarby in.
    2. Voer ’n 2 ℓ-broodpan met kleefplastiek uit en maak seker die plastiek hang oor die kante van die pan.
    3. Giet ½ k van die mengsel in die basis van die broodpan en pak ’n laag beskuitjies bo-op.
    4. Sprinkel ⅓ van die neute en kersies oor. Pak nog ’n laag beskuitjies bo-op en giet ⅓ van die mengsel oor. Herhaal met nog ’n laag bessies, neute en beskuitjies. Giet die res van die mengsel oor, bedek met die kleefplastiek en laat dit afkoel voordat jy dit vir 4 uur in die yskas sit om te set.
    5. Haal die poeding uit die pan om voor te sit. Skep nog room oor en versier met frambose en sjokoladeskaafsels.
    © Jenny Morris 2014  
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief