×

Bevrore jogurtterrien

  • 25 min
  • 5 min
  • 10
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 450 g laevet-aarbeijogurt (nie vetvry nie)
  • 425 g-blik mangoskyfies in stroop, gedreineer
  • 1 kg laevet ongegeurde jogurt (nie vetvry nie)
  • 8 e ligte, matige agawestroop of loperige heuning
  • sap van 1 lemmetjie
  • 25 g wit sjokolade, gekap
  • vars bessies, vir versiering

Resep Aanwysings

    1. Maak die binnekant van ’n 2 kg-broodpan klam en voer dit met ’n dubbele laag kleefplastiek uit – laat dit oor die rande hang. Giet die aarbeijogurt in en vries vir 30 minute.
    2. Zirts die mango, 400 g van die ongegeurde jogurt, 3 e van die agawestroop of heuning en die lemmetjiesap in ’n voedselverwerker tot glad. Giet dit oor die halfbevrore aarbeijogurt en vries vir nog 2 uur.
    3. Meng die orige ongegeurde jogurt en agawestroop of heuning in ’n groot bak. Giet dit bo-in die broodpan en vries vir minstens 3 uur of tot solied.
    4. Vir opdiening, laat die terrien vir 20 minute by kamertemperatuur sag word. Keer dit op ’n opdienbord uit en verwyder die pan en kleefplastiek. Smelt die sjokolade in ’n klein bakkie oor ’n kastrol met water wat net effens prut. Versier die terrien met die vars bessies en bedruip met die gesmelte sjokolade. Sny in skywe en sit dadelik voor.
    ELKE PORSIE: Sowat 690 kJ, 7 g proteïen, 2 g vet (2 g versadig), 29 g koolhidrate (27 g totale suiker), 0 g vesel
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief