×
Skakel na Engels

Bernice Griffiths se glutenvrye patat-en-sjokoladekoek

  • 15 min
  • 40 min
  • 10
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 50 g donker sjokolade
  • ’n knippie sout
  • 3 e room of klapperroom
  • 200 g organiese bruinsuiker of heuning
  • 3 vryloop-eiers
  • 100 ml klapperolie
  • 100 ml olyfolie
  • 1 k fyngemaakte patat (sowat 240 g wanneer gaar)
  • 3 opgehoopte dessertlepels kakaopoeier
  • 1 t koeksoda
  • 1 t bakpoeier
  • 1½ k glutenvrye meel 
  • botter en meel vir die koekpanne

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 155 ºC.
    2. Meng die eerste 3 bestanddele en smelt dit in ’n bain-marie (of in ’n bak oor ’n ander bak met warm water) en roer tot glad. Plaas eenkant.
    3. Meng die suiker, eiers en olies in ’n aparte bak. Klits met ’n staan- of handmenger totdat die mengsel verdik het en effens ligter van kleur is.
    4. Vou die patat by die eier-en-suikermengsel in. (Sien wenk.)
    5. Voeg die sjokoladeroommengsel by en roer tot gemeng.
    6. Meng die kakaopoeier, koeksoda, bakpoeier en glutenvrye meel om die beurt by.
    7. Verdeel die beslag tussen 2 klein tot middelslag-koekpanne wat met botter en meel voorberei is, en bak vir sowat 40 minute totdat die koek terugspring wanneer jy daarop druk en ’n mes skoon uitkom wanneer jy dit in die middel insteek. Versier en garneer na wens.

    WENK: Bak ’n groot patat met die skil aan by 180 ºC totdat dit sag voel wanneer jy ’n mes daarin steek. Laat dit afkoel, skil dit af en druk dit met ’n vurk fyn.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief