×
Skakel na Engels

Benny se malvapoeding

  • 25 min
  • 40 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 2 e botter or margarien
  • ½ k wit suiker
  • 1 ekstragroot eier
  • 1 e appelkooskonfyt
  • 1 t koeksoda
  • ½ k melk
  • 1 k koekmeel
  • ’n knippie sout
  • 1 e asyn
  SOUS:
  • 125 g botter of margarien
  • ¾ k witsuiker
  • ¼ k water
  • ¾ k room
  • 1 t vanieljegeursel

Resep Aanwysings

    1. Verroom die botter en suiker saam. Klits die eier by totdat die mengsel lig en donsig is.
    2. Klits die konfyt by.
    3. Los die koeksoda in die melk op.
    4. Sif die meel en sout saam en voeg dit om die beurt met die melk by die verroomde mengsel.
    5. Roer die asyn by.
    6. Giet die beslag in ’n diep, ronde skottel van sowat 19 cm in deursnee. Bedek die skottel met ’n deksel of foelie en bak vir 30 tot 40 minute by 180  ̊C.
    SOUS
    1. Bring die botter, suiker en water tot kookpunt en laat prut vir 2 minute. Roer aanhoudend.
    2. Verwyder van die stoof en voeg die room en vanielje by. Giet oor die warm poeding.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief