×
Skakel na Engels

Benny se Kersfees-nagereg

  • 1
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 300 g meel
  • 175 g bruinsuiker
  • 200 g botter, plus ekstra om te smeer
VULSEL
  • 200 g vars mango, in blokkies gesny
  • 150 g pynappel, in blokkies gesny
  • 100 g kersies, ontpit en gehalveer
  • 80 g rosyntjies, in water geweek
  • 50 g bruinsuiker
  • ½ t kaneelpoeier
  • 1 e meel
   

Resep Aanwysings

    1. Vryf die meel, suiker en botter in ’n groot glasbak met jou vingers saam totdat dit soos broodkrummels lyk.
    2. Plaas die mango, pynappel, kersies en rosyntjies in ’n groot bak, besprinkel met suiker, kaneel en meel en meng goed.
    3. Smeer die bakplaat met botter, skep die vrugtemengsel onderin en sprinkel die krummels bo-op.
    4. Bak vir 30 tot 35 minute by 160 °C totdat die krummellaag goudbruin is.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief