×
Skakel na Engels

Benny se geroosterde lamsboud met tiemie en knoffel

  • 30 min
  • 120 min
  • 10
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • ¼ k vars suurlemoensap
  • 1 lamsboud (sowat 2 kg tot 2,5 kg), ontbeen
  • 8 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 e vars tiemie, fyngekap
  • ’n knippie sout
  • 2 t grofgemaalde swartpeper

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 180  ̊C.
    2. Smeer die suurlemoensap met jou hande oor die lamsboud.
    3. Stryk die knoffel en tiemie eweredig oor die hele lamsboud.
    4. Geur na smaak met sout en peper en plaas die boud in ’n oondpan.
    5. Rooster die lamsboud vir 30 minute in die oond. Verlaag die oondtemperatuur na 160  ̊C en maak dit verder gaar vir nog 1½ uur (of langer indien jy dit mediumgaar wil hê).
    6. Haal die lamsboud uit die pan en laat dit vir 10 tot 15 minute rus voordat jy dit voorsny.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief