×
Skakel na Engels

Benny se geroomde spinasie met kasjoeneute, brandrissie en grondboontjiebotter

  • 10 min
  • 15 min
  • 4
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 50 ml olyfolie
  • ½ ui, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngedruk
  • 1 bossie spinasie, afgespoel en fyngekap
  • 150 ml water
  • 2 rooi brandrissies, fyngekap
  • 1 e grondboontjiebotter
  • 50 g kasjoeneute, fyngemaal
  • 100 ml room
  • sout en peper

Resep Aanwysings

    1. Verhit die olie in ’n groot pot. Voeg die ui en knoffel by en soteer vir 2 minute.
    2. Voeg die spinasie en water by en laat dit vir 7 tot 10 minute kook.
    3. Voeg die rissies, grondboontjiebotter, kasjoeneute en room by. Roer en laat dit vir 3 tot 5 minute prut totdat dit verdik.
    4. Voeg sout en peper na smaak by en sit voor.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief