×
Skakel na Engels

Benny se garnaalkelkies

  • 15 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 300 g gaar steurgarnale of garnale, doppe verwyder, opgesny
  • 4 e mayonnaise
  • 1 t Tabasco
  • 2 e tamatiesous
  • seesout en varsgemaalde swartpeper
  • 2 k bindslaai (cos) of ysbergslaai, gekap
  • 1 lemmetjie, in wiggies gesny (opsioneel)
  • 1 e suurlemoensap
  • 6 groot gaar garnale met sterte, doppe verwyder, vir garnering
  • 1 e grasuie, fyngekap
  • 1 avokado, ontpit en in skyfies gesny

Resep Aanwysings

    1. Plaas die garnale, mayonnaise, Tabasco en tamatiesous in ’n mengbak.
    2. Roer en meng die bestanddele goed sodat die garnale heeltemal met die sous bedek is. Geur na smaak met sout en peper.
    3. Verdeel die slaaiblare tussen 6 groot martiniglase en skep die garnale en sous bo-op.
    4. Garneer met ’n lemmetjieskyfie indien verkies. Sit ’n groot garnaal in elke glas (laat die stert oorhang) en rond af met avokado.
    5. Sit voor met snytjies bruinbrood wat met botter gesmeer is.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief