×

Beet-en-gemmerbrownies

  • 20 min
  • 40 min
  • 16
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 100 g ongesoute botter, gekap, plus ekstra om mee te smeer
  • 225 g gewone sjokolade (70% kakao), gekap
  • 3 groot eiers
  • 200 g sagte ligte bruinsuiker
  • 1 t vanielje-ekstrak
  • 150 g bruismeel
  • 50 g kakaopoeier
  • 1 t koeksoda
  • 250 g gaar beet, grofgerasper
  • 50 g gemmer, fyngekap
VIR DIE GLASEERSEL
  • 50 g versiersuiker
  • 3 e gemmerstroop

Resep Aanwysings

    1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n vierkantige 20 cm-pan met bakpapier uit en smeer dit liggies. Smelt die sjokolade en botter in ’n groot kastrol oor lae hitte, roer af en toe. Haal van die plaat af en plaas dit eenkant om effens af te koel.
    2. Klits intussen die eiers, suiker en vanielje vir vyf minute met ’n elektriese klitser in ’n groot bak of tot lig en met ’n mousse-tekstuur. Sif die meel, kakaopoeier en koeksoda by en vou dit met ’n groot metaallepel by die mengsel in.
    3. Skraap dit in die pan uit, maak gelyk en bak vir 35 minute of tot geset. Laat heeltemal afkoel.
    4. Sif die versiersuiker in ’n bakkie en meng die gemmerstroop by. Drup die glaseersel bo-oor die brownie. Laat set voordat jy dit in blokkies sny.

    ELKE PORSIE: Sowat 1 085 kJ, 4 g proteïen, 11 g vet (6 g versadigde vet), 35 g koolhidrate (27 g suiker), 2 g vesel.

    OM TE BÊRE: Hou dit in ’n lugdigte houer by kamertemperatuur vir tot 4 dae.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief