×
Skakel na Engels

Beet-carpaccio met bokmelkkaas-en-neutballetjies

  • 15 min
  • 35 min
  • 6
  • Easy
FavoriteLoadingAdd to My Recipe Book

Resep Bestanddele

  • 4 bete, deeglik gewas
  • 2 knoffelhuisies
  • 30 ml balsamiese asyn
  • 15 ml olyfolie
  • 5 ml suiker
  • 125 ml basiliepesto
  • 30 ml balsamiese asyn
  • 100 g pistasieneute, fyngekap
  • 150 g gekruide bokmelkkaas
  • 30 ml balsamiese reduksie
  • mikrokruie vir garnering 

Resep Aanwysings

    1. Laat die beet vir 20 minute in water kook tot amper gaar. Pak dit op ’n groot vel foelie saam met die knoffel. Bedruip met balsamiese asyn en olyfolie, sprinkel suiker oor en vou die foelie oor die groente toe om ’n pakkie te maak.
    2. Rooster vir sowat 15 minute in ’n voorverhitte oond by 180 °C. Verwyder die foelie, laat die beet heeltemal afkoel en skil dit. Verkoel.
    3. Sny die beet met ’n skerp mes of ’n mandolien in baie dun skyfies en pak dit op ’n groot opdienbord. Meng die pesto en balsamiese asyn en bedruip die beet daarmee.
    4. Sprei die gekapte neute op ’n groot bord of snyplank uit. Skep halwe teelepels vol van die bokmelkkaas, vorm balletjies en rol dit in die gekapte neute tot heeltemal bedek.
    5. Sit die kaasballetjies op die beet, bedruip met die balsamiese reduksie en garneer met mikrokruie.
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief